Die eerste indiepte studie die afgelope 30-jaar wat deur die Raad vir Geestewetenskaplike navorsing, of RGN, gedoen is, wys byna 50% volwasse Suid-Afrikaners is oorgewig of ly aan vetsug.

Netwerk 24 berig volgens die verslag is dit in meeste gevalle te wyte aan swak voeding en armoede. Suid-Afrika het die afgelope 30-jaar ‘n dieetverandering ondergaan weens wanvoeding. Arm huishoudings ervaar tegelyk ondervoeding, vetsug en oorgewig weens ‘n dieet wat nie genoeg voedingstowwe het nie. Meer as twee-derdes volwasse vrouens is oorgewig of vetsugtig. Die RGN het aanbeveel dat arm gesinne aangemoedig moet word om hul eie groente aan te plant.   

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×