Ricardo Loubscher is as nuwe hoofbreier by die Cheetahs se akademie aangestel

 Ricardo Loubscher is as nuwe hoofbreier by die Cheetahs se akademie aangestel

Die voormalige Springbok-speler en -agterlynbreier Ricardo Loubscher is as nuwe hoofbreier by die Cheetahs se akademie aangestel.

Netwerk24 berig die 46-jarige Loubscher het verklap dit was deur die toedoen van ’n voormalige spanmaat by die Haaie en groot vriend, Charl van Rensburg, dat hy nou terug in die Rosestad is.

Van Rensburg, wat ook vir die Cheetahs gespeel het, is ’n paar jaar reeds terug in Bloemfontein ná sy speeldae en is deesdae hoof van ’n Franse maatskappy wat mediese toestelle vervaardig.

Loubscher het reeds die week ingeval by ’n vergadering in die Kaap vir hoofde en betrokkenes by die land se akademies.

Hy sal op 1 Maart in Bloemfontein aanmeld.

LeandreAdmin@