Welkom en omliggende dorpe staan letterlik in rioolvuil omdat geen instandhoudingswerk die afgelope 15 jaar in die Goudveld gedoen is nie. Die rioolramp in die Vrystaatse Goudvelde het lede van die Nasionale Raad vir Provinsies, of NRP, en lede van die Provinsiale Wetgewer, of LPW’s, tydens ‘n terugvoersessie in Bloemfontein geskok, berig Netwerk 24. Lede van die NRP het gehoor dat slegs vyf van die 57 pompstasies en twee van die 15 rioolplase in die Matjhabeng munisipaliteit werk. Net 13 tot 15% van die rioolinfrastruktuur is funksioneel. Die DA-LP George Michalakis, het gesê daar is ‘n skool in Welkom wat die gevaar staan om inmekaar te tuimel omdat die struktuur deur rioolvuil verswak word. Die rioolvuil loop oral in die Goudveld in varswaterstrome in. Michalakis, het gesê twee waterpype wat Matjhabeng gebruik, dateer uit die vyftiger en tagtigerjare. Bernard Phitsane, voorsitter van die Vaal-Sentrale Waterraad, voorheen Bloemwater, wat Sedibeng Water oorgeneem het, het gesê verouderde infrastruktuur is ‘n probleem by Vrystaatse munisipaliteite waar tot 55% gesuiwerde water vermors word. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×