Rise Mzansi het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen wat ook in voorvalle met die polisie se BBP-beskermingsdienste-eenheid betrokke was, om na vore te kom. Dié party glo die onlangse voorval op die N1 was waarskynlik nie die enigste nie en dat talle landsburgers waarskynlik al deur die die bloulig-brigades aangeval is. Maroela Media berig die party het reeds die onafhanklike polisie-ondersoek-direktoraat, of Opod, gevra om sy ondersoek uit te brei en te kyk na beweerde sistemiese wetteloosheid binne die BBP-beskermingseenheid. Rize Mzansi vra Suid-Afrikaners wat in ‘n stadium deur die blouligbrigades van die pad afgedruk is, op wie ‘n vuurwapen gerig is of wat aangerand is, om met besonderhede oor die voorvalle na vore te kom. Makashule Gana van Rise Mzansi, het gesê die party wil voorkom dat die onlangse voorval as ‘n geisoleerde voorval beskou word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×