Robert Ebersohn beplan om sy loopbaan by die Cheetahs te kom afsluit

Die voormalige kaptein en senter van die Vrystaters, Robert Ebersohn, beplan om sy loopbaan by die Cheetahs te kom afsluit.

Die 32-jarige Ebersohn speel hierdie seisoen nog vir Béziers – sy derde klub in Frankryk.

Ebersohn het die Cheetahs in 2013 gegroet, om hom by Montepellier aan te sluit.

Hy is in 2016 na Castres, en speel sedert 2020 vir Béziers in die land se tweede liga.

Hy is na wat verneem word, vandeesweek, nadat hy so versoek het, van sy kontrak by Béziers vrygestel.

Hy en sy gesin beplan om teen die einde van Junie terug te keer na Suid-Afrika.

Moontlike onderhandelinge met die Cheetahs kan met sy terugkeer begin.

Luister na potgooie hieronder