Robert McBride het tyd nodig om voor te berei vir die staatskapingskommissie

 Robert McBride het tyd nodig om voor te berei vir die staatskapingskommissie

Die voormalige hoof van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, Robert McBride, het versuim om gister voor die staatskapingskommissie te verskyn vir sy kruisondervraging deur die voormalige minister van Polisie, Nathi Nhleko, se regsverteenwoordigers.

McBride, wat onlangs by die Staatsveiligheidsagentskap aangestel is, beweer dat hy nie genoeg tyd gehad het om die saak met sy span te bespreek nie.

In sy vorige verskyning voor die kommissie het hy Nhleko onder meer by die skorsing van die destydse hoof van die Valke, Anwa Dramat, betrek.

LeandreAdmin@