Sowat 21 mensagtige robotte het saam met duisende mense aan ‘n halfmarathon in Beijing deelgeneem.
SABC-nuus berig dit was deel van ‘n poging van verskeie maatskappye en universiteite om te wys hoe gevorderd robot-tegnologie is.
Uiteindelik het ‘n mens steeds die marathon van 21 km gewen.
Die wenner-robot het die afstand in twee ure, 40 minute en 42 sekondes afgelê. Van die robotte het goed bygehou en die halfmarathon voltooi. Ander het al by die wegspring gesukkel. Die wedren word die wêreld se eerste robot-halfmarathon genoem.