Bedroefde ouers van die ses dogters wat Dinsdag in ‘n busongeluk tussen Senekal en Ventersburg dood is, het gister in skok en ongeloof die toneel aanskou. Sommige met die hoop om iets van hul kinders op te tel. Netwerk 24 berig die ouers het kort tevore hul kinders se liggame gaan uitken in Bethlehem.

Die ses meisies was almal graad agt leerlinge aan die Riebeeckstad Hoërskool buite Welkom wat teruggekeer het vanaf ‘n uitstappie by die Moolmanshoek-reservaat naby Rosedal. Die bus het omgeslaan toe een wiel glo losgekom het. Van die meisies was lank onder die bus vasgekeer. Talle is beseer en in verskeie hospitale in die omgewing opgeneem. 

Van die ouers het op die toneel rondgesoek om in die laaste bewyse van die tragedie wat gestrooi gelê het, te probeer berusting vind. Die ouers is ook kwaad omdat hulle die oorsaak van die ongeluk as nalatig beskou. Die name van die meisies mag nie bekend gemaak word nie omdat almal nog nie uitgeken is nie. Die polisie ondersoek sake van strafbare mansslag. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×