Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het verskeie operasionele konsepte in die grensgebiede rondom Ficksburg uitgevoer.
Tydens ‘n voertuigkontrolepunt op die R26-provinsiale pad is ‘n wit vragmotor gestop, en ‘n inspeksie is op die papierwerk en veevrag uitgevoer.
Die lede het ontdek dat die diere, meestal van die Bonsmara-ras, verskillende uitherkenningsmerke het.
Die Veediefstaleenheid van Ladybrand is betrek en het bevind dat die beweerde eienaar voorheen skuldig bevind is aan ʼn soortgelyke oortreding.
Die 47-jarige bestuurder is in hegtenis geneem, en die twintig diere is na ‘n skutkraal geneem.
‘n Saak van die besit van vermoedelik gesteelde vee is by die Ficksburg-polisiekantoor geopen.
Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.