Roger Federer se deelname aan vanjaar se Wimbledon toernooi is slegs sy vyfde een sedert die Australiese Ope in 2020

Roger Federer van Switserland, nommer 8 op die wêreldranglys, se deelname aan vanjaar se Wimbledon toernooi is slegs sy vyfde een sedert die Australiese Ope in 2020.

Hy moes laasjaar ook twee knieoperasies ondergaan het wat sy momentum effens stuit by hierdie jaar se toernooi.

Federer het op ‘n nuuskonferensie gesê dat hy nie net bly speel omdat Djokovic en Nadal wêreldwyd goed vaar nie maar omdat hy op sy eie spel fokus en nog steeds kompeterend op die tennisbaan wil wees.

Roger het deurgedring na die 4de ronde in vanjaar se toernooi en kom later vanmiddag teen die 23-ste gekeurde Lorenzo Sonego van Italie op die hoofbaan te staan om op koers te bly vir ‘n moontlike 9de Wimbledon enkelspel titel.

Luister na potgooie hieronder