Roger Federer sê hy is hoopvol om volgende maand sy terugkeer in ’n kleiner tennistoernooi te maak

Roger Federer sê hy is hoopvol om volgende maand sy terugkeer in ’n kleiner tennistoernooi te maak.

Die 39-jarige Switser het verlede jaar twee knieoperasies ondergaan en verkies om nié sy terugkeer in die Australiese Ope, wat volgende week in Melbourne begin, te maak nie.

Hy het nog nie weer in ’n toernooi gespeel sedert hy in Januarie verlede jaar in die halfeindronde in Melbourne teen Novak Djokovic verloor het nie.

Federer het ná sy vertoonwedstryd teen Rafael Nadal in Kaapstad gesê hy moet ’n knieoperasie ondergaan.

Die Switserse uitsaaier SRF berig Federer kan op 8 Maart sy terugkeer in die Katar-ope in Doha maak.

Hy het die titel daar al drie keer gewen.

Luister na potgooie hieronder