ROLBAL –  Die Suid-Vrystaat Mans en Dames TRIPS Rolbal kompetisie vind ook vanaf môre weer in Bloemfontein plaas met spelers wat meeding in die laaste rondte van 16 wat die oggend begin met die laaste 8 se uitdunne wat ook dieselfde middag plaasvind.

Sondagoggend sal die laaste 4 sake uitspook met die finaal wat ook die middag gespeel sal word.

Belangstellendes en toeskouers is welkom om diè 2 dae se topklas rolbal by te woon waar Rosestad 100.6fm se Dean Ririe ook sy oog op die trofee gaan hou.

Diè toernooi begin môreoggend om 09:00 by die Oud Studente Rolbalklub.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×