Die tweede rondte water-rantsoenering vir die Brandkop-stelsels, sal volgens die skedule glo Woensdag plaasvind.

Volgens die Manguang Metro Munisipaliteit is dit om die metro se watertoevoerprobleme aan te spreek en om betroubare watervoorsiening te verseker.

Dit volg kort nadat menigde Bloemfonteiners reeds as gevolg van ‘n kragonderbreking by die Maselspoort waterbehandelingsaanleg, vir ure sonder water was.

Inwoners word versoek om water spaarsamig te gebruik om die reservoirvlakke te help stabiliseer. Volgens die stadsbestuurder, Sello More, bly die stad daartoe verbind om hierdie uitdagings aan te spreek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×