Rooftogte in Bloemfontein blyk die orde van die dag te wees, met nog ‘n gewapende roof wat die keer Woensdagmiddag omstreeks een-uur by ‘n PEP-winkel in Langenhovenpark uitgevoer is. Herman Lombaard van National Crime Assist het gesê die verdagtes het glo eers ‘n geruime tyd lank in die winkel rondgestap voordat hulle gevra het om na die selfone te kyk. Toe die selfoonkas oopgesluit word het hulle vuurwapens te voorskyn gebring en die winkel van selfone en ‘n onbekende, maar groot, som geld beroof. Die rowers het per motor van die misdaadtoneel gevlug. Niemand is ten tyde van die rooftog beseer nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×