Moorde in Suid-Afrika neem toe, so ook poging tot moord.

Dit is volgens die jongste kwartaallikse misdaadstatistieke vir die tydperk 1 Januarie tot 31 Maart.

Gedurende die tydperk is 6 289 moorde gepleeg, 206 meer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Daar was ook 6 192 voorvalle van poging tot moord in die jongste kwartaal teenoor 5717 vir dieselfde tydperk verlede jaar.

Rooftogte het ook toegeneem.

Daar was 957 meer rooftogte in die jongste kwartaal met 11 744 gevalle teenoor 10 878 vir dieselfde tydperk verlede jaar.

Generaal-majoor Norman Sekhukhune, die SAPD se statistikus, het die jongste misdaadsyfers aan die portefeuljekomitee oor polisie bekendgemaak.

Die meeste ernstige misdaad in die land is by die Sentraal-polisiekantoor in Kaapstad aangemeld.

Kontak-misdade het ook toegeneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×