Die Rooimiere staan reg om grondbesetters in die suide van Bloemfontein te verwyder.

‘n Betroubare bron het aan Rosestad-nuus vertel die Manganung Metro Munisipaliteit het die oorbetaling aan die veiligheidsmaatskappy gemaak, en daar word net gewag op bewyse van hul prokureur. Die Rooimiere sal dan inbeweeg om van die strukture ontslae te raak, soos duisende mense reeds sedert Saterdag na die area stroom.

Talle paaie in die stad wat na die Lourierpark-rigting lei is vroeg vandag reeds deur owerhede afgesper. Daar word ‘n uiters ernstige beroep op inwoners gedoen om kalm te bly, en om nie by enige konfrontasie betrokke te raak, of om met die werksaamhede van geregsdienaars in te meng nie. Inwoners word gevra om die omgewing ten alle koste te vermy.

error: Inhoud is beskerm !!