Terwyl inwoners van Bloemfontein erg bekommerd is oor ‘n rookwolk wat oor die Tempe-weermagbasis hang, het owerhede bevestig daar is geen rede tot kommer nie.
Die basis is besig met voorbrande, ten einde sy eiendom teen wegholveldbrande te beskerm.
Mense wat in die omgewing bestuur, word gevra om hoofligte te laat brand, en om uiters versigtig en bedagsaam te bestuur, aangesien sigbaarheid deur die rook belemmer kan wees.
Bestuurders word ook daaraan herinner om veilige volgafstande te handhaaf.