Rosestad 100.6fm het met sy kombersinsamelingsprojek in samewerking met PEP en Vodacom reeds meer as 500 komberse vir minderbevoorregtes ingesamel. Dié kombersinsamelingsprojek is Vrydagaand met ‘n bibbernag-geleentheid by Real Beds in Kellnerstraat in Bloemfontein van stapel gestuur. Radio Rosestad se projektebestuurder, Johan Gunter, het gesê die nood is ongelooflik groot en dat elke kombersskenking ‘n daadwerklike verskil in iemand se lewe kan maak gedurende die koue wintermaande wat voorlê. Hy het gesê die volgende kombersprojek-buite-uitsendings vind op Vrydag 20 Mei by PEP Preller plaas. Mense kan hulle kombersskenkings hierheen bring of ‘n kombers koop. Daar is ook by elke deelnemende PEP-winkel ‘n houer waarin mense komberse kan plaas. Skakel Rosestad se kantore weeksdae tussen agt en vier by 051 412 6401 vir meer inligting.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×