Rosestad 100.6fm het met sy kombersinsamelingsprojek, in samewerking met PEP en Vodacom, reeds meer as 700 komberse vir minderbevoorregtes ingesamel. Radio Rosestad se projektebestuurder, Johan Gunter, het gesê mense het nog tot Saterdag die geleentheid om ‘n daadwerklike verskil in iemand se lewe te kan maak gedurende die koue wintermaande wat voorlê. Die volgende kombersprojek-buite-uitsending vind Vrydag tussen twaalf en drie by PEP, The Towers in Langenhovenpark plaas. Mense kan hulle kombersskenkings hierheen bring of komberse teen R70 elk hier koop. Saterdag se buite-uitsending by PEP in die Fleurdal Mall bied tussen nege en twaalf die laaste geleentheid vir die skenk van komberse. Skakel Radio Rosestad se kantore weeksdae tussen agt en vier by 051 412 6401 vir meer inligting.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×