Rosestad 100.6FM is met die gesogte MediClinic-wisseltrofee vereer vir die stalletjie wat die beste waarde tot die Bloemskou in Bloemfontein toevoeg met sy uitstalling. Bernie Naudé, Rosestad 100.6FM se Algemene Bestuurder het gesê die verhouding met Bloemskou is volgens hom baie spesiaal, aangesien dit simbioties van aard is. Rosestad en Bloemskou staan albei in, saam met, en vir die gemeenskap. Hy het bygevoeg dat Bloemskou ook erkenning moet kry vir die positiewe rol wat hy reeds jare lank in skougangers en uitstallers se lewens speel. Die ekonomiese inspuiting wat Bloemskou na ons streek bring is natuurlik ook van onskatbare waarde, het Naudé gesê. Radio Rosestad saai daagliks hiervandaan uit. Kom maak ‘n draai om dié wenspan te ontmoet. Vanjaar se Bloemskou duur tot 7 Mei. Besoek www.bloemskou.co.za vir meer inligting.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×