Rosestad 100.6FM se Bibbernag-kombersprojek wat vanaand van stapel gestuur word, het ten doel om komberse in te samel vir diegene wat die wintermaande sonder enigiets om hulle teen die koue te beskerm, moet trotseer. Bernie Naudé, Radio Rosestad se algemene bestuurder, het gesê die yskoue wintermaande lê voor en toenemende armoede en werkloosheid het tot gevolg dat meer en meer mense haweloos is en nie ‘n warm bed het om in te slaap nie. Hy doen ‘n ernstige beroep op elke luisteraar wat in die posisie is om te kan help, om nuwe of gebruikte komberse te skenk. Die Bibbernag-projek vind Vrydag van ses-uur tot middernag plaas en mense word genooi om saam te kom bibber by Real Beds op die hoek van Kellnerstraat en Dan Pienaarrylaan in Bloemfontein. Bring jou kombersskenkings saam of kom koop ‘n kombers hier.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×