Huldeblyke het vandag ingestroom nadat die dood van ‘n geliefde musiekonderwyseres en sakevrou van die stad bekend geword het. Die 61-jarige Retha van der Merwe se liggaam is Dinsdagaand saam met haar verloofde, die 63-jarige Neilen van Breda, in ‘n huis in Universitas gevind.

Van der Merwe het musieklesse by die Laerskool Universitas aangebied. Van der Merwe en Van Breda se liggame is Dinsdagaand in ‘n huis in Universitas gevind kort nadat die polisie in kennis gestel is dat verskeie skote gehoor is. Van Breda is gevind met ‘n vuurwapen in sy hand. Maroela Media berig die Laerskool Universitas het in ‘n huldeblyk aan Van der Merwe gesê haar mooie kitaarklanke sal vir altyd in Tjokkie-harte weerklink.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×