Rossouw Botes, geliefde Bloemfonteiner en voorste kenner van watersake in die Mangaung-metro, is in die ouderdom van 66 oorlede. Botes het in Augustus verlede jaar ‘n seldsame hartoperasie in Christiaan Barnard-gedenkhospitaal in Kaapstad ondergaan.

Hy het ‘n spesiale inplanting gekry om sy hart te ondersteun, toe daar nie betyds ‘n skenker-hart vir hom gevind kon word nie. Die spesiale ondersteuningstoestel is aan ‘n battery aangedrewe rekenaar gekoppel. Hoewel die operasie as sukses bestempel is, was Botes die afgelope jaar bykans deurgaans siek, en moes hy vroeër vanjaar weer hartchirurgie in Kaapstad ondergaan.

Botes word deur sy vrou Eljo en twee dogters oorleef.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×