Die Namibiese regering het ‘n routydperk afgekondig nadat die president, Hage Geingob gister oorlede is.
Dit is van vandag af tot die dag van die begrafnis – hoewel die datum van Geingob se begrafnis nog nie bekendgemaak nie.
Sabc-nuus berig tydens die routydperk sal die landsvlag halfstok hang. Die regering sê begrafnisreëlings sal binnekort aangekondig word.
Die land se waarnemende president, Nangolo Mbumba, het dit intussen duidelik gestel dat hy nie van plan is om in November aan die verkiesing deel te neem nie.
Dit laat die deur oop vir Netumbo Nandi-Ndaitwah wat Mbumba as adjunkpresident vervang. Die regerende SWAPO-party het Nandi-Ndaitwah net meer as ‘n jaar gelede as sy kandidaat benoem.
Volgens SWAPO se grondwet mag geen veranderinge aangebring aan sy benoeming twee jaar voor die verkiesing nie. Indien sy wen sal sy die eerste vroue president in Suider-Afrika wees.