Vier rowers is Maandag, danksy die vinnige reaksie van die Vrystaatse polisie, kort nadat hulle ‘n snoepwinkel op Boshof beroof het, in hegtenis geneem. Maroela Media berig die mans het die winkel omstreeks 8:30 oorval en sigarette, aanstekers en twee selfone gebuit waarna hulle met ‘n Ford Everest die toneel gevlug het. Die motor en die vier verdagtes is later in Dealsville aangekeer. Volgens kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het polisie-lede die motor deursoek en ‘n speelgoedgeweer, gesteelde items en kontant gevind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×