‘n Onbekende hoeveelheid diamante is tydens ‘n gewapende rooftog by Namib Desert Diamonds (Namdia) in Namibië gesteel.

Die uitvoerende hoof van Namdia, Alisa Amupolo, sê ‘n saak van moord en gewapende roof met verswarende omstandighede word deur die polisie ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig ʼn veiligheidswag is tydens die rooftog oorlede. Volgens Amupolo was daar was vier verdagtes in die rooftog betrokke.

Twee verdagtes is nog voortvlugtig. Een verdagte is in polisie-aanhouding, en een verdagte het homself tydens die voorval geskiet. Hy is later aan sy beserings oorlede.

Namdia bly daartoe verbind om sy personeel en bedrywighede te beveilig, en werk nou saam met wetstoepassers om seker te maak dié voorval geniet al die nodige hulpbronne om die saak op te los.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×