RUGBY – In ’n mediakonferensie wat gister gehou is het Schalk Ferreira ook bevestig dat hy sy kontrak by die Toyota Cheetahs met nog ’n jaar verleng het.

Diè vurige loskopstut vertel hoe dit net genade is dat hy nog steeds rugby kan speel. Op 25 jarige ouderdom het dokters vir hom gesê dat hy weens ’n nekbesering nooit weer aan diè sport sal kan deelneem nie.

Ferreira – wat volgende jaar 40 word –  het ook gesê hy voel fisies nog in top vorm en is baie opgewonde om tot 2024 sy rugby by die Cheetahs te kan speel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×