Twaalf jaar agter tralies vir die moord op Ivan Sorour. Dít is die veroordeelde moordenaar, Rudi Gericke, se voorland. Landdros Suzanne Boonzaaier het die vonnisverrigtinge vanoggend in die rondgaandehof op Ficksburg voltrek.
Gericke word twaalf jaar direkte tronkstraf opgelê, omdat hy die 28-jarige Evan doodgeskiet het, asook ‘n bykomende twee jaar, vir aanranding met die doel om ernstig te beseer. Wyle Evan se pa, Reuter, is tydens die gewelddadige voorval op 8 Januarie verlede jaar, genadeloos deur Gericke aangerand.
Hofverslaggewing deur Netwerk24, meld dat die vonisse gelyklopend uitgedien sal word. Gericke is reeds 15 maande in die tronk. Voordat hy toegesluit is, was hy ook vir 90 dae onder polisiebewaking in die hospitaal, vir die behandeling van wonde wat hy ten tyde van die skietery opgedoen het.