Die Griekwas se Lubabalo Dobela sal hopelik slaggereed wees vir Sondag se Curriebeker-wedstryd teen die Leeus in Kimberley.

Dié voormalige Blitsbok het uitgemis op die Poubloues se wedstryd teen die Pumas in Mbombela as gevolg van griep. Hierdie wedstryd het die Laevelders maklik met 66 teenoor 26 gewen.

Behalwe vir Dobela hou die Noord-Kapenaars duim vas dat Janu Botha en Carl Els reg sal wees vir hul wedstryd teen die Leeus.

error: Inhoud is beskerm !!