RUGBY –  Die 2024 Curriebeker seisoen skop Vrydag af met 2 wedstryde wat gespeel word.

Die Griekwas pak die Pumas in Kimberley terwyl die Haaie taai teenstand van die Leeus in Durban kan verwag in hul wedstryd wat 17:15 begin.

Die Cheetahs wat die verdedigende kampioen is speel Saterdagmiddag om 13:55 in Bloemfontein teen die Griffons met diè wedstryd wat regstreeks op SuperSport  uitgesaai word terwyl die Noord- en Suid derby tussen die Bulle en die WP Sondagmiddag in die Kaap beslis word.

 

*Toetskoors is besig om op te bou vir die langverwagte herontmoeting tussen die Springbokke en Ierland in die Inkomende Reeks  op Loftus Versveld.

Diè 2 rugbyreuse se laaste ontmoeting was by die 2023 Wêreldbeker-toernooi in Frankryk gewees toe die Iere met ‘n 13 – 8 oorwinning in die Stade de France  kon wegkom.

Die Springbok afrigter Rassie Erasmus het sy sterktste en mees ervare 15-tal gekies wat deur Siya Kolisi aangevoer sal word.

Die afskop is 17:05.

 

**Skakel Saterdagmiddag in vanaf 15:00 vir Rosestad Sport  in aanloop tot die groot stryd in Pretoria.

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×