RUGBY – Na afloop van Japan se rugbyseisoen is 4 Bokke ook in diè land se Span-van-die-Jaar 15-tal ingesluit.

Pieter-Steph du Toit , Kwagga Smith en Malcom Marx is deel van die voorspeler-korps terwyl die Blonde Baron Faf de Klerk met die nommer 9 trui beloon is.

Marx het ook besluit om sy rugbyloopbaan in die land van die Cherry Blossoms voort te sit en het ook sy kontrak by Spears verleng. Diè span word deur die Bulle se voormalige afrigter Frans Ludeke gebrei.

VROUERUGBY – Die Springbok vrouespan het ook Woensdag oor Kenia gestoomroller in die Afrikabeker-toernooi wat in Antananarivo, Madagaskar gespeel word.

Die Suid-Afrikaners het altesaam 8 drieë gedruk met die vleuel Nomavethu Mabenge wat 4 keer agter die doellyn ’n draai gaan maak het.

Die Bokke het ook in die 1ste wedstryd Kameroen met 87 – 0 oorrompel en speel nou in hul laaste wedstryd Sondag teen die gasheerland.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×