RUGBY – Dit was ‘n skitter naweek vir al 4 Suid-Afrikaanse spanne in die Verenigde Rugbykampioenskaps-reeks.

Die Bulls het sake goed afgeskop toe hulle die Glasgow Warriors op Loftus Versveld met 29 – 17 geklop het. Op Ellispark het die Lions die wen momentum behou deur Benetton met 37 – 29 uit te stof terwyl die Sharks vir Connacht oortuigend met 41 – 21 in Durban afgeransel het.

Die hoogtepunt van die naweek was die stryd tussen die Stormers en Leinster wat die Kapenaars met 20 – 13 gewen het. Die tuisspan het 3 keer agter die besoekrs se  doellyn gaan kuier terwyl die top span in die reeks net een keer 5 punte kon aanteken.

Met die kwarteindronde wedstryde wat oor ‘n maand gespeel word behoort die Stormers, Sharks en Bulls deel van die laaste 8 spanne te wees wat sal meeding vir ‘n plek in die finaal wat op 18 Junie sal  plaasvind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×