RUGBY – Die gesaghebbende Franse rugby publikasie Midi Olympique het 5 Bokke in sy Wêreld 15-tal ingesluit.
Die stutte Ox Nche en Frans Malherbe saam met slot Eben Etzebeth en flank Pieter-Steph du Toit is deel van die agttal terwyl Jesse Kriel ook op senter ingesluit is.
Die res van die span bestaan uit die All Blacks se vleuels Mark Telea en Will Jordan met die skrumskakel Aaron Smith, die slot Scott Barrett en Wêreldrugby se Speler-van-die-Jaar Ardie Savea.
Die Franse se Peato Mauvaka op haker en heelagter Thomas Ramos en Walliese flank Jac Morgan is ook in die span terwyl die omstrede Engelse losskakel Owen Farrel ook plek gekry het in die nommer 10 trui.