RUGBY  – Met die Wêreld 7’s-reeks wat vandag in Kaapstad afskop sal die Suid-Afrikaanse vrouespan ook gereed wees om hulle staal in hierdiè strawwe kompetisie te toon.

Volgens afrigter Paul Delport het die span se voorbereiding vlot verloop en dis nou in die spelers se hande om die oomblik aan te gryp en te wys dat Suid-Afrika saam met die bestes in die wereld kan saamgesels.

Die dames open hul rekening teen Frankryk en met die duisende toeskouers wat bankvas agter die tuisspan staan gaan die Franse besoekers hul keerwerk teen die Goue Blitsbokkies moet ken.

Afskoptyd in diè kragmeting is 18:35

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×