RUGBY Dit was week nommer 10 in die Curriebeker-reeks met 3 wedstryde wat die naweek afgehandel is.

Die Pumas het verras deur die Sharks in Durban met 20 – 10 te geklop het terwyl die Bulls die Griekwas met 48 – 38 in Pretoria getroef het.

Die Toyota Cheetahs lyk onstuitbaar na ‘n plek in ‘n tuis semi-finaal toe hulle die Lions met 35 – 26 in Johannesburg geklop het. Die Vrystaters het 4 drieë teenoor 2 gedruk maar genoeg gedoen om die oorwinning te verseker.

Die Cheetahs speel eerskomende Saterdag teen die Sharks in die Toyota Stadion met ‘n feestelike astmosfeer wat gaan heers van vroegoggend af.

Kaartjies kos slegs R20 en is beskikbaar by die kaartjiekantoor in die Toyota-stadion of aanlyn by ticketpro.co.za.

‘n Inenting sertifikaat of ‘n negatiewe Covid toets word verlang vir toegang. Besoek ook www.cheetahs.rugby vir meer besonderhede.

Die afskoptyd vir hierdiè rugby-fees is 14:30

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×