RUGBY – Aidon Davis is terug in die Vrystaat nadat diè veelsydige losvoorspeler sy ekskursie by die Exeter Chiefs na 25 wedstryde afgesluit het en nou weer in die Curriebeker-reeks diens sal kan doen.

Davis wat reeds in meer as 50 wedstryde die Cheetah trui oor die kop getrek het sal op 1 Julie by die span inval. Volgens Frans Steyn – Direkteur van Rugby – is Davis se werk etiek en ervaring  ’n groot bate vir die Vrystaat waar hy beslis ook ’n positiewe impak diè seisoen gaan lewer.

*Die 2024 Curriebeker seisoen skop amptelik vir die Cheetahs af op die 6de Julie waar die verdedigende kampioen die Griffons in die Toyota Stadion die stryd sal aansê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×