RUGBY – Dit was weereens ‘n besige rugby naweek met wedstryde wat in die plaaslike Curriebeker- en Verenigde Rugbykampioenskaps-reeks beslis was.

Die Toyota Cheetahs was Vrydagaand in aksie teen die Pumas maar het met 29 – 28 vasgeval in ‘n naelbyt stryd. Beide spanne het 4 drieë gedruk en alhoewel die besoekers met ‘n geelkaart vroeër in die wedstryd gestraf was kon Ruan Pienaar nie met ‘n strafskop in die 79ste minuut slaag wat ‘n oorwinning vir die tuisspan kon verseker het nie.

In die ander wedstryde het die Griekwas die Westelike Provinsie met 43 – 41 uitgestof terwyl die Leeus ook verras het deur die Haaie met 38 – 32 te klop.

In die Verenige Kampioenskaps-reeks het die Bulls die Sharks met 30 – 27 getroef terwyl die Stormers ook gewys het dat die Kaap nog Hollands is met ‘n oorwinning van 28 – 17 oor Edinburgh.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×