RUGBY – Die Springbokke het in hulle 2de wedstryd van die Rugbykampioenskaps-reeks teen die All Blacks reg aan die begin ’n waarvedolle les geleer: Daardie 1ste 20 minute is krities en as jy foute maak teen Nieu-Seeland gaan dit jou die wedstryd kos.

Alhoewel die skeidsregter en tv-skeidsregter se beslissings ook ’n paar wenkbroue laat lig het was die Groen en Goud nie op hul beste nie en het Saterdag met 20 – 35 teen die Swart Truie vasgeval in die Mount Smart-stadion in Auckland.

Behalwe vir die Springbokke se swak begin was die All Blacks ’n kortkop voor wat balbesit aanbetref het en die 4 drieë teenoor 3 is ook ’n bewys daarvan. Suid-Afrika het 59% gebeidsvoordeel geniet maar kon dit nie verder in moontlike wenpunte omskep nie.

Die Bokke pak die Pumas oor 2 weke op Ellispark wat ook ’n welkome sege van 34 – 31  oor die Wallabies behaal het.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×