RUGBY – Die All Blacks het ‘n groot aanslag teen die Springbokke in Saterdag se 2de toets in die Rugby Kampioenskaps-reeks geloods en die wêreldkampioen met 35 – 23 uitoorlê.

Die besoekers het 4 keer agter die Bokke se doellyn gaan draai terwyl die tuisspan slegs twee keer 5-punte kon aanteken. Die All Blacks nommer 10 Richie Mo’unga het sy span laat bly voorloop met die skopskoen terwyl Heinrich Pollard ook sekuur pale toe gekorrel het.

Alhoewel Beauden Barrett met ‘n geelkaart in die 66ste minuut gestraf is het ‘n 14-man Nieu-Seeland span laer getrek en in hierdè periode twee keer agter die tuisspan se doellyn gaan kuier vir ‘n welverdiende oorwinning.

Die Suid-Afrikaanse vroue rugbyspan het in die voorwedstryd  ‘n skitterende oorwinning van 44 – 5 oor Spanje behaal het.

Die Las Leonas wat sedert 2014 reeds 3 keer aan die wenkant was is totaal en al oorskadu deur die tuisspan wat 5 drieë teenoor 1 gedruk het.

Die finale wedstryd in die reeks word Vrydag in Potchefstroom gespeel waarna die span hul  voorbereiding sal afhandel vir die Wêreldbeker toernooi wat op 8 Oktober in Nieu-Seeland afskop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×