Die All Blacks het hulle span bekend gemaak wat Saterdag op Ellis Park teen die Springbokke te staan sal kom in hulle Rugbykampioenskap kragmeting.

Die voormalige kaptein Sam Cane maak sy eerste verskyning in die beginspan die seisoen en huidige kaptein Scott Barrett keer terug na hy herstel het van ‘n vinger besering terwyl Dalton Papli’i en Sam Darry hul plekke moes afstaan aan diè spelers.

Die agterlyn is onveranderd van die een wat vir Argentinië twee weke gelede met 42-10 geklop het by Eden Park.

*Rassie Erasmus het ook sy groep bekend gemaak wat deur Siya Kolisi in sy 87ste toets vir die Groen en Goud voor sal uitdraf.

Die afskoptyd op Ellispark is om 17:00 en word regstreeks op SuperSport uitgesaai.

Die span is:

15 – Aphelele Fassi
14 – Cheslin Kolbe
13 – Jesse Kriel
12 – Damian de Allende
11 – Kurt-Lee Arendse
10 – Sacha Feinberg-Mngomezulu
9 – Cobus Reinach

8 – Jasper Wiese
7 – Ben-Jason Dixon
6 – Siya Kolisi (Kaptein)
5 – Ruan Nortje
4 – Pieter-Steph du Toit
3 – Frans Malherbe
2 – Bongi Mbonambi
1 – Ox Nche

Plaasvervangers:

16 – Malcolm Marx
17 – Gerhard Steenekamp
18 – Vincent Koch
19 – Eben Etzebeth
20 – Elrigh Louw
21 – Kwagga Smith
22 – Grant Williams
23 – Handre Pollard

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×