Die All Blacks het vir ‘n tweede agtereenvolgende week twee groot name aan besering afgestaan.
Dit is bevestig dat die flank, Sam Cane, en vleuel, Mark Tele’a, die komende naweek se kragmeting teen Frankryk gaan misloop.
Cane het ‘n sny teen die kop gekry in die afgelope naweek se 23-13 wen teen Ierland in Dublin, terwyl Tale’a sy hand beseer het.
Du’Plessis Kirifi en Chay Fihaki sal vir Cane en Tale’a vervang.
Die Nieu-Seelanders het verlede week vir Beauden Barrett en Codie Taylor op die beseringslys gevoeg na hulle harsingskudding opgedoen het gedurende hulle 22-24 wen teen Engeland.