RUGBY – Die All Blacks het ook in sy laaste Groep A rugby wêreldbeker-wedstryd teen Uruguay strawwe teenstand in die 1ste 15 minute gekry maar daarna het die damwal gebars en het die 3-malige wêreldkampioen uiteindelik met 73 – 0 in Lyon geseëvier.

Die Kiwi’s het altesaam 11 keer agter die pale gaan kuier terwyl die Los Teros ongelukkig was om ook nie ’n drie te kon behaal nie toe die woelige flank Manuel Ardao in die 1ste helfte met ’n desperate duikslag deur Anton Lienert-Brown van die doellyn af weggehou was.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×