Die voormalige hoofafrigter van die Springbokke, Namibië en Stormers Allister Coetzee is terug in Suid-Afrika en het homself nou by die OP Olifante aangesluit.
Dit kom na sy drie jaar termyn by Namibië se rugbyspan tot ‘n einde toe gekom het.
Coetzee het sy loopbaan as afrigter in die Oostelike Provinsie in 1996 afgeskop.