Die afrigter van die Britse en Ierse Leeus Andy Farrell het drie groot name betrek in sy groep hulp-afrigters.

David Nucifora is aangestel as die hoofbestuurder van prestasie  n ‘n rol wat hy reeds vervul by Skotland se nasionale span.

Die Wêreldbeker-wenner Aled Walters is die hoof van atletiese prestasie en sluit by die groep aan vanaf die Ierse Rugbyunie en Vinny Hammond wat oor deel van Ierland se Rugbyunie is gaan op sy derde toer met die Leeus span as die ontledingshoof.

Die Britse en Ierse Leeus toer vanjaar deur Australië waar hulle op 28 Junie die eerste wedstryd speel teen die Western Force in Perth.

Die toer kom op 2 Augustus tot ‘n einde met die derde en laaste wedstryd teen die Wallabies in Sydney.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×