Antoine Dupont is weer aangewys as kaptein van Frankryk se nasionale Rugbyspan vir die komende Sesnasies-reeks.

Die 28-jarige skrumskakel het die 2024 toernooi misgeloop om te fokus op sewesrugby voor die Olimpiese Spele in Parys waar hy Frankryk gehelp tot ‘n goue medalje by die Spele en was ook aangewys as Wêreldrugby se Mans Sewes Rugbyspeler verlede jaar.

Romain Ntamack sal Dupont se skakelmaat wees  en keer terug na ‘n ernstige knie besering.

Frankryk verwelkom Wallis Vrydagaand om 21:45 (SA Tyd) op Stade de France.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×