RUGBY – Die NWU-Arende sal hul Varsitybeker titel eerskomende Maandagaand weer tuis teen die Ikeys verdedig nadat die Potchefstroom studente gisteraand diè Kapenaars met 30 – 18 geklop het.
Die Noordwesters se 8-tal was briljant en het die Ikeys telkemale in die skrums en met rolmaalbewgings oorskadu en is uiteindelik met 4 drieë beloon.
*Die Maties het self vir hulle ’n tuis halfdeindstryd verseker nadat die Maroon truie die Ixias naelskraap met 26 – 20 in Bloemfontein kon troef en ontmoet die Shimlas in Stellenbosch nadat die Kovsies vir Wits in Johannesburg geklop het met 24 – 12.