Die All Blacks gaan die naweek teen Ierland te staan kom met twee belangrike spelers op die kantlyn, met die haker Codie Taylor en losskakel Beauden Barrett, wat nie beskikbaar vir Nieu-Seeland is nie.
Beide het in die afgelope naweek se 24 – 22 wen oor Engeland op Twickenham houe teen die kop gekry en het harsingskudding opgedoen.
Harry Plummer en Brodie McAlister wat die afgelope naweek vir die All Blacks 15-tal gespeel het teen Munster is ingebring as plaasvervangers vir Barrett en Robertson.
Die All Blacks pak Ierland die komende Vrydagaand om 22:10 (SA-tyd) in die Aviva Stadion in Dublin.