Die All Black afrigter, Scott Robertson, het besluit om Beauden Barrett weer in sy beginspan in te sluit vir die naweek se Rugbykampioenskap toets teen die Wallabies.
Die 33-jarige was op die plaasvervangersbank vir die laaste toets teen die Springbokke by die DHL-stadion in Kaapstad.
Barrett vervang vir Will Jordan op heelagter, met Jordan wat na vleuel toe skuif.
Intussen het die loskop-stut Ethan de Groot van ‘n nekbesering herstel en is ook in die beginspan, met Tamaiti Williams wat onder die reserwes tel.
Die All Blacks en Wallabies ontmoet by die Stadion Australië in Sydney om 07:45 Saterdagoggend.