RUGBY – Die Toyota Cheetahs het ’n besige paar dae wat voorlê wanneer ’n Vrystaat span eerskomende Vrydagaand die Pumas in die SA Beker-toernooi in Bloemfontein pak.

’n Groep van 25 Cheetah spelers het ook Dinsdagmiddag op die vliegtuig geklim vir die Ronde van 16 in die Europese Uitdaagbeker-reeks teen ASM Clermont in Frankryk wat eerskomende Saterdagmiddag om 13:30 (SA Tyd) begin.

Victor Sekekete sal die span aanvoer terwyl Oupa Mohoje , Ruan Pienaar en Jeandre Rudolph ook met hul ervaring die span sal versterk.

*Die SA Beker wedstryd skop Vrydagaand om 18:00 af en word regstreeks op SuperSport  uitgesaai.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×