Nieu-Seeland se vrouerugbyspan het geskiedenis gemaak vir die verkeerde redes in hulle WXV 1-reeks stryd teen Engeland.

Die Black Ferns, wat volgende jaar hulle Rugbywêreldbekertitel verdedig, het nege drieë afgestaan in hulle 49-31 nederlaag teen die Engelse.

Dit is die meeste drieë wat nog ooit teen die Kiwi’s gedruk is.

Dit is die Black Ferns se tweede nederlaag in die reeks, na hulle twee naweke gelede geskok is deur Ierland in ‘n 29-27 nederlaag.

Die Nieu-Seelandse dames se toernooi kom volgende naweek tot ‘n einde met ‘n ontmoeting teen Frankryk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×